Omtrent Ons:

Die Blommefonds is op 18 Mei 1946 deur  wyle Mnr. Albert Edward Andersen gestig, voorheen verbonde aan die Departement van Sosiale Welsyn en Pensioene.  Dit is geregistreer as ‘n Welsyns Organisasie vir baie jare en is sedert 1957 ‘n nie winsgewende maatskappy.  Die Blommefonds is ook geregistreer as ‘n Publieke Voordele Organisasie. Al die geboue en fondse behoort aan ‘n geregistreerde Artikel 21 Maatskappy ingelyf sonder winsoogmerk.   Alle fondse en erflatings word met graagte ontvang en word alleenlik vir doel van Behuising vir bejaardes aangewend.

Die Blommefonds beskik nou met trots vier behuisingsprojekte op ‘n huurbasis:

  • Union Park Gate is ‘n blok woonstelle geleë in Arcadia. Daar is 80 een en twee slaapkamer woonstelle.
  • Bel-Air is ook ‘n blok woonstelle geleë in Arcadia. Dit bestaan uit 39 een en twee slaapkamer woonstelle.
  • Danville in Danweg het agt eenslaapkamer kothuise geskik vir paartjies.
  • Groenkloof in Schroderlaan het beide woonstelle en kothuise. Ter aanvulling hiervan het ons ook dertien tweeslaapkamer en ses eenslaapkamer lewensreg kothuise.

Die Blommefonds is voortdurend op soek na maniere vir uitbreiding binne perke van sy finansiële vermoëns.

Voorsiening Van Dienste:

‘n Busdiens word weeksdae in die oggende aan inwoners teen ‘n minimale fooi voorsien om hulle na winkels te neem.  Die bus ry ook na omliggende hospitale en klinieke vir pasiënte om besoeke af te lê en die afhaal van medikasie. Biblioteke vir inwoners wie boeke wil lees is beskikbaar en sosiale klubs bied die geleentheid vir vriendelike sosiale aktiwiteite.

Bestuurstruktuur:  Direkteure

Mr. Dawie de Villiers
Mr. Fanus Kruger
Mr. Martin Coetzee
Mr. Kobus Badenhorst (Chairman)
Mrs. Liza Roux
Mr. Johan Human – Besturende Direkteur 

 

Respect is earned. Honesty is appreciated. Trust is gained.
Loyalty is returned.

– Unknown