Groenkloof:

Gedurende 1961 het die voormalige Staatspresident, Dr. C.R. Swart, Andersen House, Groenkloof geopen, waar ons oor 39 woonstelle en kothuise beskik.  Daar is 20 kothuise en woonstelle vir paartjies en 19 woonstelle vir enkellopendes.

Al bogenoemde eenhede word op ‘n maandelikse huurbasis bewoon teen ‘n huurgeld wat heelwat laer as die markwaarde is.

Lewensreg Kothuise:

Negentien Lewensreg kothuise vir afgetredenes is by ons Groenkloof behuisingprojek gevoeg.   Ons het dertien twee slaapkamer Lewensreg kothuise elkeen met sy eie toesluit motorhuis, en ses een slaapkamer kothuise.  Hierdie kothuise word in terme van Wet no. 65 van 1988 teen markwaarde verkoop en herverkoop.  Hulle is ruim, wys noord en is genotvol.

Die lewensreg kothuise en huur eenhede is omring deur aanskoulike tuine en word met die bystand van ons ouer mense in stand gehou.

Alle kothuise maak gebruik van boorgatwater vir die versorging van tuine.

Oornagkamers:

Die Blommefonds te Groenkloof het ses (6) gastekamers wat elk twee persone kan akkommodeer.  Hierdie kamers word gebruik om of slegs te oornag of vir familie van persone om ‘n paar dae oor te bly indien hulle behandeling by die naburige Little Company of Mary hospital moet ondergaan. ‘n Klein skenking word gevra vir die gebruik van die kamers.  Die kamers is netjies en baie gerieflik.