Ons Missie:

Die Blommefonds,Wonings vir Bejaardes, Pretoria bied ‘n welsynsdiens in die vorm van die voorsiening van lae koste akkommodasie en sosiale sorg aan bejaardes.

Die missie van die Blommefonds bly steeds die voorsiening van behuising aan selfversorgende ouer persone teen die laagste moontlike koste en ‘n mate van sosiale sorg. Derhalwe word gepoog om inwoners instaat te stel om die lewensstandaard waaraan hulle gewoond was, te handhaaf.

Die Blommefonds beskik oor die vermoë om verblyf aan 265 selfversorgende ouer persone te voorsien. Dit is te wyte aan die feit dat ons huur heelwat laer as markwaarde is. As gevolg hiervan help dit ons ouer persone om vir ‘n langer tydperk selfversorgend te kan wees.

NUUS

Die Blommefonds is die geleentheid gegee om deel van die MidCity Gholfdag fondsinsameling gebeurtenis wat sal plaasvind op 24 April 2022.

As jy hierdie verdienstelike saak kan ondersteun deur skenking, prys borgskap of speel, en wil graag betrokke raak kliek hieronder vir meer inligting.