Om u aansoek vir akkommodasie of steun aan die Blommefonds to vergemaklik het ons ‘n paar vrae en antwoorde hieronder gelys.
Wat is die missie van Die Blommefonds in Pretoria?
Die missie van Die Blommefonds bly steeds om wonings vir selfversorgende bejaardes teen die laagste moontlike kostes en ‘n mate van maatskaplike sorg to voorsien. Sodoende word daar gepoog om inwoners in staat te stel om ‘n lewensstandaard te handhaaf waaraan hulle gewoond was.
Wanneer en deur wie is Die Blommefonds gestig?
Die Blommefonds Pretoria is op 18 Mei 1946 gestig deur wyle Mnr Albert Edward Andersen, eertyds verbonde aan die Departement van Maatskaplike Welsyn en Pensione.
Hoeveel eenhede besit die Blommefonds en hoeveel senior burgers word gehuisves?
Die Blommefonds Pretoria het agt  (8) kothuise in Danville. Hulle is vir die eerste maal in 1952 betrek. Gedurend 1961 het die voormalige Staatspresident, Dr CR Swart, Andersenhuis te Groenkloof geopen. Daar is 20 kothuise en woonstelle vir pare en 19 woonstelle vir enkel persone. Bel-Air is gedurende 1973 aangekoop en Union Park Gate gedurende 1974. In hierdie twee woonstelblokke is daar 118 een- en twee- en drie- slaapkamer woonstelle. Tans huisves Die Blommefonds, Pretoria, in totaal 285 bejaardes. Tydens 2005 was die 19 aftreekothuise gebou. Twee en dertig ouer persone kan daar gehuisves word.
Hoe is Die Blommefonds saamgestel en hoe word dit befonds?
Die Blommefonds is reeds menige jare as ‘n welsynsorganisasie geregistreer en sedert 1957 ingelyf as ‘n Seksie 21 Maatskappy sonder winsoogmerk. Die Blommefonds het nog nooit ‘n sent wins gemaak sedert dit meer as 60 jaar gelede gestig is nie. Alle fondse word benut om ons missie te vervul.
Is Die Blommefonds as fondsinsamelingsorganisasie geregistreer?
Die Blommefonds is nog altyd by die betrokke Regeringsdepartement en in ooreenstemming met die jongste wetgewing geregistreer. Ons is as ‘n organisasie sonder winsoogmerk geregistreer volgens Wet 71 van 1997. Die Departement van Welsyn het die volgende registrasie nommer aan ons toegeken: 001-663 NPO.  Die Blommefonds waardeer skenkings. Groot en klein skenkings het oor die jare begedra tot ‘n permanente inagneming in die vorm van behuising vir bejaardes wat nog lewe.
Hoe het Die Blommefonds die onderskeie skemas gefinansieer?

Die Nasionale Behuisingskommissie het lenings teen ‘n lae rentekoers aan welsynsorganisasies toegestaan soos die fondse vir die Danville en Groenkloof eenhede. Union Park Gate en Bel-Air is deur kommersiële lenings teen die hoë rentekoers van die betrokkejare gefinansieër. Die negentien aftreekothuise is met die koop van lewensregte gefinansieër.

Wat is die ouderdomsbeperking om vir behuising te kwalifiseer?
Om aansoek te doen moet mans en dames 60 jaar oud wees voordat behuising toegestaan word. Aansoekers moet fisies aktief wees, onafhanklik en in staat om hul eie huishoudings te behartig. Maaltye en mediese dienste word nie deur die Blommefonds voorsien nie. Daar is hospitale in die nabye omgewing en ambulanse kan uitgeroep word.
Word ‘n mediese ondersoek vereis?
‘n Mediese ondersoek kan aangevra word kort voor behuising toegeken word.
Is daar enige diskriminasie op geloofsgronde?
Die Blommefonds diskrimineer teen niemand op grond van kerkverband of enige ander affiliasie nie.
Watter beskerming geniet Blommefonds inwoners in vergelyking met diegene buite die organisasie?
Inwoners word gevrywaar van beginsellose landhere wat buitensporige wins uit huur maak. Die Blommefonds bereken die instandhouding van ‘n woonstel en debiteer die inwoner met die bedrag sonder profytbyvoeging. Inwoners behou daarom meer geld in hul sakke. Die Blommefonds vergader talle bejaardes in elke behuisingsprojek. Hiermee word vir hulle ‘n geleentheid geskep om tussen portuurgenote met soortgelyke belange te woon terwyl hulle kinders weet dat hulle ouers in ‘n tuiste woon waar die beste moontlike veiligheid voorsien word.
Kan Die Blommefonds vergelyk word met ‘n gewone woonstelblok wat verhuur word?
: Beslis nie. U kan van die antwoorde op ander vrae aflei dat die Blommefonds ‘n spesiale organisasie met ‘n spesiale doel is naamlik vir die wonings vir senior burgers.
Hoe lank is die waglyste?

Die waglyste vir egpare is redelik kort, maar enkel persone wag heelwat langer voor behuising toegestaan kan word.

Wat doen Die Blommefonds oor uitbreiding?

Die Blommefonds is gedurig op die uitkyk vir geleenthede om binne die raamwerk van beperkte fondse, uit te brei.

Is daar nog Blommefondse in die RSA?

Ja, in Johannesburg en in Port Shepstone, maar elkeen funksioneer totaal onafhanklik van die ander.

Word daar na die welsyn van die inwoners omgesien?
Daar is ‘n fondsinsamelings komitee wat rommel, wit olifant, vetkoek, en pannekoek verkopes reël. Die Blommefonds het ook ‘n dertien sitplek bussie waarmee inwoners teen ‘n klein fooi na hospitale en winkelsentrums vervoer word. Daar word ook gepoog om inwoners te laat voel dat hul woonstel of kothuis ‘n werklike tuiste is.
Wat is ons slagspreuk?
Ons gee om. Dit maak die verskil.

Het u nog vrae?

Kontak ons by: +27 12 343 2650

Of e-pos ons by:  admin@flowerfound.co.za

We always appreciate your donations

[cpDonation key=’1′]