Danville:

Die Blommefonds is in 1946 gestig met hierdie, hulle eerste behuisingsprojek waarvan die opening in 1952 was.

Danville het agt een slaapkamer kothuise geskik vir paartjies.  Elke kothuis het sy eie stukkie grond en water vir
tuingebruik word deur ‘n boorgat voorsien.

Ons ouer mense wie hier woon is baie trots op hulle blom-en groentetuine.

Al agt hierdie eenhede word op ‘n maandelikse huurbasis bewoon waarvan die huur heelwat laer as die markwaarde is.