UNION PARK GATE:

Union Park Gate is ‘n blok woonstelle in Arcadia. Hierdie blok woonstelle is in 1974 aangekoop en het ‘n totaal van 80 eenhede in ‘n kombinasie van een, twee en drie slaapkamer woonstelle. Hierdie woonstelle is ideaal geskik vir paartjies wie ‘n bietjie meer ruimte verkies.

Al die eenhede word op ‘n maandelikse huurbasis bewoon waar die huur heelwat laer as die markwaarde is. Ongelukkig is die waglys vir enkellopendes baie langer as die waglys vir paartjies.

Ons het omtrent tien jaar gelede twee skenkings ontvang, waarmee ‘n nuwe hysbak hier geinstalleer is. Ons het ook ‘n skenking van die Nasionale Lotery ontvang wat gebruik is vir die opgradering van die waterverhittingstelsel in ‘n kombinasie van negentig sonkragpanele en ‘n sentraleverhittingstenk. Sedert hierdie installering het elektrisiteitsverbruik net soos by Bel-Air aansienlik gedaal.