Union Park Gate




Meer oor die eiendom
Union Park Gate is die grootste behuisingsskema in die portefeulje en is in 1974 deur die Blommefonds aangekoop. Die eiendom spog met altesaam 80 eenhede wat bestaan uit enkel, 1- en 2-slaapkamerwoonstelle.
Die woonstelle is ruim en ideaal vir persone wat meer spasie benodig.
'n Groot binnehof met pragtige bome en plante is die tuiste van 'n verskeidenheid voëlspesies. Die binnehof laat inwoners toe om die son en vars lug in 'n veilige omgewing te geniet. Inwoners kom gereeld in die binnehof bymekaar vir ʼn gesellige braai, middagtee of ander sosiale aktiwiteite of funksies.
Inwoners betaal nie vir gebruik van water nie en trek voordeel uit warmwater wat deur twee groot hittepompe verhit word.
Al die eenhede word op 'n maandelikse basis verhuur. Die huurtariewe is ver onder markverwante huur vir vergelykende wooneenhede.