Groenkloof Lewensreg Meenthuise

Meer oor die eiendom

Gedurende 2005 is negentien Lewensreg-meenthuise by ons Groenkloof-eiendom gevoeg ingevolge die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone, Wet No. 65 van 1988. Lewensreg eenhede word in terme van die genoemde Wet teen markwaarde verkoop en herverkoop.

Hierdie ontwikkeling bestaan uit dertien, 2-slaapkamer en ses 1-slaapkamer meenthuise, elk met sy eie toesluitmotorhuis. Die meenthuise is ruim, front noord en is omring deur pragtige tuine.

Die eiendom is gerieflik geleë langs die Life Groenkloof Hospitaal en is binne stapafstand van winkels en ander
geriewe.