Bel-Air

Meer oor die eiendom

Bel-Air, geleë te Pretoriusstraat, Arcadia, Pretoria is in 1973 deur die Blommefonds aangekoop. Hierdie eiendom beskik oor 39 wooneenhede wat bestaan uit enkel, 1-en 2-slaapkamerwoonstelle met meer as genoeg veilige parkering vir voertuie.

Die binnehof van Bel-Air is 'n gesellige area en inwoners kom gereeld bymekaar vir 'n braai, middagtee of ander sosiale aktiwiteite.

Inwoners betaal nie vir gebruik van water nie en trek voordeel uit warmwater wat deur twee groot hittepompe verhit word.

Al die eenhede word op 'n maandelikse basis verhuur. Die huurtariewe is beduidend minder as markverwante huur vir vergelykende wooneenhede.